Skip to content

Eskom wil weer geld leen, maar skuld volhoubaar hou

# Eskom beplan om weer geld te leen ná die regering se skuldverligtingsprogram van 254-miljard-rand. Die kragverskaffer sê hy wil sy totale skuld teen 2030 onder 300-miljard-rand hou. Eskom het in Desember verlede jaar voor belasting ʼn wins van 34-miljard-rand aangemeld wat ʼn groot verbetering is op sy verlies van 10-miljard-rand die vorige jaar. Beter prestasie by kragaanlegte en minder afhanklikheid van diesel het bygedra tot ʼn 16-persent-toename in inkomste. MoneyWeb berig Eskom beplan oor die volgende vyf jaar kapitaalbesteding van 321-miljard-rand, wat op opwekking- en transmissieprojekte sal fokus.