Skip to content

Eskom wil afhanklikheid van regeringsondersteuning verminder

# Eskom se hoof, Dan Marokane, sê hulle doelwit is steeds om die kragverskaffer se afhanklikheid van regeringsondersteuning te verminder deur die maatskappy na finansiële volhoubaarheid te lei. Die staatsinstelling is in die laaste jaar van ʼn driejaar-skuldverligtingsprogram waartydens die regering hom met ʼn skuldverligtingspakket van 254-miljard-rand ondersteun het. Marokane sê hulle is vasbeslote om voort te gaan met pogings om Eskom se finansiële en bedryfsprestasie om te keer.