# Eskom het aangekondig fase 3-beurtkrag is ingestel van 2-uur vanmiddag tot 5-uur Maandagoggend weens die verlies van twee-duisend-700 MegaWatt oor 14-uur. Dit volg op die onverwagte uitskakeling van Koeberg se eenheid-2 in Kaaptad, wat die hele kernkragstasie vanlyn gelaat het. Twee eenhede van Kusile in Mpumalanga word ook geraak deur steenkoolvoorsienings-probleme. Eskom hoop om teen Maandag ses-duisend-200-MegaWatt terug te plaas en die naweek noodreserwes aan te vul.
Eskom stel fase 3-beurtkrag in terwyl Koeberg se eenheid-2 vanlyn bly