# Eskom voer verkennende gesprekke met die Wêreldbank oor die befondsing van ‘n multimiljard-dollar kernprogram. Die Koeberg Kernkragstasie naby Kaapstad is Afrika se enigese werkende kernkragstasie. Die kragverskaffer stel voor vier-duisend-800 megawatt van konvensionele waterdruk-reaktors en 400 megawatt van klein modulêre reaktors. Ten minste die helfte van die klein modulêre reaktors sal bestem wees vir die steenkool-na- kernkrag strategie. Die Wêreldbank sê die land se ontwikkelingsprioriteite en beleidraamwerk wat ‘n reeks tegnologiese ontwikkeling moontlik maak, lei sy betrokkenheid.
Eskom soek steun van Wêreldbank vir kernprogram