# Eskom het 441 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag bereik – sy beste prestasie in ‘n dekade. Die kragvoorsiener het ook sy hoogste energiebeskikbaarheidsvlak sedert 2017 aangeteken, onbeplande onderbrekings is tot die laagste punt in agt-jaar verminder en dieselverbruik is twee agtereenvolgende weke tot nul verminder. Die energiekenner Chris Yelland sê nuwe opwekkingsvermoë vanuit hernubare energie het ‘n beduidende rol gespeel in die vermindering van beurtkrag, tesame met Eskom se verbeterde prestasie, laer elektrisiteitsvraag en die regering se finansiële steun.
Eskom se energiebeskikbaarheidsvlak bereik hoogste punt sedert 2017