# Eskom waarsku Suid-Afrikaners met netwerkgekoppelde sonkragstelsels om teen Maart 2026 by die Kleinskaalse Ingebedde Opwekkingsprogram te registreer, anders kan hul ontkoppeling en boetes te wagte wees. ‘n Energiekenner, Vally Padayachee, het in gesprek met die Daily Investor bevestig Eskom beplan om ‘n bybetaling in te stel, selfs vir geregistreerde sonkraggebruikers, om netwerkonderhoud te dek. Padayachee het ook gesê Eskom beplan om sy vaste daaglikse netwerk-kostes onder die Kleinhandeltariefplan te verhoog, wat sonkraggebruikers op die netwerk sal raak. Hy sê nakoming is noodsaaklik om netwerkbestendigheid en billike infrastruktuurkostes vir alle gebruikers te verseker.
Eskom plaas druk op sonkraggebruikers om te registreer