Skip to content

Eskom op soek na R350-miljard privaat belegging in transmissie [KLANK]

# Eskom se voorsitter, Mteto Nyati, het aangekondig die nutsdiens benodig ongeveer 350-miljard-rand binne die volgende dekade om die transmissie-infrastruktuur in Suid-Afrika uit te brei. Daar word beoog om transmissielyne van 14-duisend kilometer by te voeg, wat die kapasiteit vir hernubare energieprojekte sal verbeter. ​Nyati sê hoewel Eskom die aanvanklike drie jaar self kan befonds, is privaat sektor-belegging daarna noodsaaklik. Hy beklemtoon die bates sal in staatsbesit bly ten spyte van privaat deelname:

ENG-NyatiOnTransmission