Skip to content

Energie-agentskap verlaag vooruitskatting vir wêreldwye olie-aanvraag

# Die Internasionale Energie-agentskap sê wêreldwye olie-aanvraag sal vanjaar laer wees as wat voorspel is, aangesien toenemende handelspanning ekonomiese vooruitsigte onder druk plaas. Amerika se invoere van olie, gas en geraffineerde produkte is wel van tariewe vrygestel, maar ander heffings het vrese oor inflasie en resessie veroorsaak en ruoliepryse na die laagste vlak in vier jaar afgedwing. Die agentskap het sy voorspelling vir olie-aanvraag met 300-duisend vate per dag verlaag, van ‘n miljoen in Maart tot 730-duisend in April.