# Die Britse aktrise Emma Watson is vir ses maande verbied om te bestuur nadat sy die spoedgrens oortree het. Watson het die rol van Hermione Granger in die Harry Potter-rolprente vertolk. Sy het net oor 60-kilometer per uur gery in ‘n 50-kilometer-sone, maar reeds nege strafpunte op haar rybewys gehad. Die 35-jarige, wat sedert 2023 studeer vir ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Oxford-universiteit, moes boonop ‘n boete van 25-duisend-rand betaal. Sy en haar broer het in 2023 ‘n volhoubare jenewer-handelsmerk bekendgestel.
Emma Watson verbied om te bestuur ná spoedoortreding