# Die ekonoom Dawie Roodt sê Suid-Afrika is besig om ‘n kultuur van staatsafhanklikheid te skep in plaas daarvan om ekonomies selfversorgd te word en groei te bewerkstellig. In die 2025/2026-begroting wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana ingedien het, sal gekonsolideerde staatsbsteding na verwagting 2,59-duisend-miljard-rand bereik. Sowat 65-persent van staatsbesteding word deur salarisse, skulddelging en die maatskaplike toelaagstelsel opgeneem. Roodt sê die herbalansering van die begroting deur verminderde besteding, ‘n laer belastinglas en ‘n meer doeltreffende regeringstelsel is nodig.
Ekonoom waarsku SA se bestedingspatroon hou ernstige ekonomiese onbestendigheid op langtermyn in