Skip to content

Ekonoom sê Reserwebank kan dalk eerste en tweede rondte inflasie-uitwerking saamvoeg

# ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verhoog, is ʼn voorsorgmaatreël teen toekomstige inflasie. Hy sê egter daar is steeds beperkte bewys van sterker inflasie-verwagting en die verhoging se tydsberekening is debatteerbaar gegewe die swak groeivooruitsig. Parsons waarsku hoër rentekoerse gaan geldleen-koste vir huishoudings en sakeondernemings verhoog in ʼn ekonomie wat reeds sukkel.