# Die Amerikaanse heffing van ‘n 30-persent tarief op Suid-Afrikaanse goedere, hou ‘n groot bedreiging in vir die land se uitvoer van veral minerale en motorvoertuie in. Amerika is Suid-Afrika se derde grootste handelsvennoot. Dis die mening van Frederick Mitchell, die hoofekonoom van Aluma Capital. Hy sê die waarskynlike afname in uitvoer van edelmetale en masjinerie kan lei tot werkverlies en deïndustrialisasie wat ekonomiese bestendigheid sal bedreig. Mitchell sê die regering moet ‘n veerkragtige handelsraamwerk bevorder, die vervaardigingsektor ondersteun en fiskale dissipline handhaaf.
Ekonoom sê regering moet veerkragtige handelsraamwerk bevorder