Skip to content

Ekonoom sê Nasionale Begroting 3,0 moet ekonomie bevorder en styging in werkloosheid beveg

# ‘n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, sê die nasionale begroting 3,0 van 21 Mei moet fokus op beleide wat ten minste drie-persent groei met werkskeppende ekonomiese sektore bevorder. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika ’n styging van een persentasiepunt in werkloosheid in die eerste kwartaal aangekondig het. BBP-voorspellings is tot 1,5-persent verlaag en Parsons sê Suid-Afrika se swak groei word nou weerspieël in die toenemende werkloosheid. Hy vra ’n groeigerigte begroting om hierdie neiging te verander en beleggersvertroue te verbeter.