# ‘n Ekonoom, Frederick Mitchell, sê Suid-Afrika ondervind aansienlike ekonomiese uitdagings wat sy bestendigheid en toekomstige voorspoed bedreig. Die ANC het hierdie week sy Ekonomiese Aksieplan onthul, wat die uitbreiding van elektrisiteits-infrastruktuur, die herstel van die chroom- en die mangaanbedryf, die aanvuur van plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die uitbreiding van openbare indiensnemings- en vaardigheidsprogramme insluit. Mitchell sê weerbarstige regeringskwessies, korrupsie, beleids-wisseling en infrastruktuur-verwaarlosing kan die planne belemmer. Hy voeg by die trajek na ekonomiese hernuwing behels sterk regeringsgeleide pogings en noodsaaklike markgedrewe hervormings.
Ekonoom sê die ANC se ekonomiese plan word belemmer deur korrupsie en beleidsonsekerheid