# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die rentekoers met nog 25 basispunte te verlaag, is die regte besluit gegewe die lae inflasie en trae groei in die bruto binnelandse produk. Dit is die mening van ‘n ekonoom van die Noordwes-universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons. Hy sê die laer leenkoste is positief terwyl die ekonomiese herstel sukkel om momentum te kry. Parsons waarsku dat verdere rentekoersverlagings vanjaar hoogs onwaarskynlik is, gegewe die wêreldwye onsekerheid weens Amerikaanse tariewe.
Ekonoom Parsons sê Reserwebank se rentekoersverlaging is die regte besluit