# Die ekonoom Richard Goode sê Afrika moet sy oorvloedige natuurlike hulpbronne gebruik om industrialisering en ekonomiese groei aan te vuur. Hy het tydens ‘n konferensie oor groen bronne, energie en ekonomie in Afrika in Johannesburg gevra vir sterker bande tussen mynbou, vervaardiging, landbou en hernubare energie. Goode waarsku teen die uitvoer van onverwerkte minerale sonder waarde-toevoeging en sê dit loop die gevaar om die hulpbronvloek te herhaal. Hy het Afrikalande aangespoor om streeksamewerking, vaardigheidsontwikkeling en belegging voorop te stel om ‘n uiteenlopende, mededingende en billike ekonomie te bou.
Ekonoom bepleit ‘n hulpbron-geleide industrialisering vir Afrika