# Ekonomiese groei in Amerika het in die tweede kwartaal herstel nadat ontleders gewaarsku het oor veranderings in die vloei van handel oor president Donald Trump se tariewe. Die wêreld se grootste ekonomie het teen 3-persent gegroei in die tydperk tussen April tot Junie, wat ontleders se verwagtinge oortref het. Dit volg op negatiewe groei van 0,5-persent in die eerste drie maande van die jaar. ‘n Konsensusvoorspelling deur Briefing.com het ‘n 2,5-persent groeikoers verwag. Die Amerikaanse president Donald Trump het na aanleiding van die groeisyfer gevra vir ‘n rentekoersverlaging.
Ekonomiese groei in VSA herstel tot 3% in tweede kwartaal van 2025