# Ekonome wat aan die Buro vir Marknavorsing en Unisa se Ekonoom van die Jaar-kompetisie deelneem, verwag nie vanjaar verdere rentekoersverhogings nie. Die 43 ekonome se vooruitskattings vir September volg op ‘n rentekoersverhoging wat die prima uitleenkoers tot 10,75-persent laat styg het. Die buro se uitvoerende hoof, Carel van Aardt, sê swakker ekonomiese groei en laer verbruikersbesteding kan help om inflasie in toom te hou. Hy waarsku egter vooruitsigte vir werkskepping het verswak, vanaf een- tot nul-komma-vyf-persent, wat kommer wek oor inklusiewe groei en huishoudelike besteding.
Ekonome verwag nie vanjaar verdere rentekoersverhogings nie