Skip to content

Efficient-groep se hoof-ekonoom verwag rentekoers sal onveranderd bly

# Die hoof-ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, verwag dat die Reserwebank se monetêre beleidskomitee nie vandag die rentekoers gaan verander nie. Roodt sê al het die inflasiekoers ietwat verbeter van 3,5-persent in Julie na 3,3-persent verlede maand, sal die president van die sentrale bank, Lesetja Kganyago, waarskynlik ‘n verdere verlaging tot November vertraag. Die terugkoopkoers is tans sewe-persent en handelsbanke se prima-uitleenkoers 10,5-persent. Die komitee het die koers in Julie met 25-basispunte gesny.