# Die EFF het in ‘n skrywe aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, die aanstelling van David Makhura as nie-uitvoerende direkteur van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika verwerp. Die party sê die bank beklee ‘n strategiese posisie in Suid-Afrika se ontwikkeling en staatsargitektuur om ekonomiese ontwikkeling te bevorder, institusionele kapasiteit te bou, en infrastruktuurbelegging in Suid-Afrika en in die streek. Die EFF sê sy bestuur en bedrywighede moet dus teen politieke inmenging beskerm word en moet deursigtig, professioneel en onafhanklik bly.
EFF verwerp aanstelling van David Makhura as nie-uitvoerende direkteur van Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika