Skip to content

EFF verwelkom vonnis van 25 jaar vir moordenaar van Sindiso Magaqa

# Die EFF het die vonnisoplegging verwelkom van die moordenaar van ‘n gewese sekretaris-generaal van ANC-jeugliga, Sindiso Magaqa, in 2017. Die Pietermaritzburg-landdroshof het Sibusiso Ncengwa Maandag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Magaqa is in Umzimkhulu in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Twee raadslede wat by hom was, het oorleef. Drie beskuldigdes wat saam met Ncengwa aangekla is, is steeds in aanhouding, van wie een geestelik ongeskik verklaar is vir verhoor. Die EFF sê die politieke moord op Magaqa was die vergestalting van ‘n misdadige kultuur.