# Die EFF-parlementslid, Sihle Lonzi, het die onttrekking van omstrede SETA-raadsaanstellings verwelkom. Hy is verwyder tydens ‘n parlementêre vergadering nadat hy die aanstelling van Gwede Mantashe se seun, Buyambo Mantashe, op ‘n raad bevraagteken het. Lonzi sê die terugtrekking is ‘n positiewe stap. Hy beklemtoon die EFF sal toekomstige prosesse noukeurig monitor om deursigtigheid en verantwoordbaarheid te verseker.
EFF verwelkom onttrekking van SETA-rade