# Die EFF sê hy verwelkom die Amerikaans-bemiddelde wapenstilstandooreenkoms vir Gaza met versigtigheid en ‘n gevoel van geskiedkundige skeptisisme. In die eerste fase van die vredesplan is al 20 oorlewende Israelse gyselaars en die oorskot van vier oorhandig. Ongeveer twee-duisend Palestynse gevangenes wat in Israel aangehou is, is ook vrygelaat. Die EFF sê die Amerikaanse president, Donald Trump, se betrokkenheid by die bemiddeling van die ooreenkoms wek kommer, aangesien sy administrasie se rekord nie vertroue inboesem in die langtermyn-sukses van hierdie vredesplan nie.
EFF verwelkom die Gaza-skietstilstandsooreenkoms met skeptisisme