Skip to content

EFF veroordeel swaar polisieteenwoordigheid tydens vreedsame Kleinfontein-betoging

# Die EFF in Gauteng sê die swaar polisie- en privaat sekuriteit-teenwoordigheid tydens vandag se vreedsame optog na die wit-Afrikaner-nedersetting Kleinfontein naby Pretoria, was onnodig en kom neer op staatsintimidasie. Volgens die party is meer as 50 polisievoertuie ontplooi om wit belange te beskerm, terwyl geweldsmisdaad steeds townships soos Soshanguve en Mamelodi teister. Dumisani Baleni van die EFF sê Kleinfontein verteenwoordig rassisme en moet val.