# Die EFF in Mpumalanga het koalisie-ooreenkomste met die DA en die Vryheidsfront Plus uitgesluit in die provinsie se 14 munisipaliteite waar geen party ‘n volstrekte meerderheid het nie. Die provinsiale voorsitter, Collen Sedibe, sê die party praat met organisasies wat hy as progressief beskou, insluitend die ANC, die SAKP en die MK-party. Hy sê die EFF sal nie koalisies aangaan met partye wat na sy mening die belange van arm gemeenskappe ondermyn nie. Sedibe sê hierdie siening is gegrond op die EFF se anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beginsels.
EFF sluit koalisieregering met DA en VF Plus in Mpumalanga uit