Skip to content

EFF sê Suid-Afrika moet nie swig voor boeliegedrag en intimidasie van Amerika nie

# Die EFF sê Suid-Afrika is nie die VSA enige verduidelikings verskuldig vir sy soewereine diplomasie en militêre verbintenisse nie. Dit volg na die Amerikaanse regering Suid-Afrika gevra het vir ‘n verduideliking oor sy beleid oor Iran, na aanleiding van Weermag-hoof, generaal Rudzani Maphwanya, se omstrede reis na Iran. Die EFF sê die land moet nie swig voor boeliegedrag en intimidasie van Amerika nie. Hy voeg by Suid-Afrika moet voortgaan om vrylik met Iran en alle ander nasies te skakel, sonder om sy buitelandse beleid te reduseer tot die emosies van president Donald Trump.