# Die EFF sê Statistiek Suid-Afrika se Verbruikersprysindeks vir Julie 2025 toon dat lewenskoste steeds styg op maniere wat onvolhoubaar is vir die werkersklas en armes. Inflasie het in Julie tot ‘n tien-maande-hoogtepunt van 3,5-persent gestyg, teenoor drie persent in Junie. Die EFF sê wêreldwye ekonomiese veranderinge, insluitend stygende Amerikaanse tariewe, beïnvloed Suid-Afrika se invoermandjie. Hy voeg by dat dit die logika van soberheid en markgedrewe regering verwerp wat die armes aan hulle eie lot oorlaat weens inflasionêre druk.
EFF sê lewenskoste is onhoudbaar hoog vir die werkersklas en armes