Skip to content

EFF sê formule vir munisipale befondsing moet hersien word

# Die EFF sê die Nasionale Tesourie moenie ʼn pad volg wat die staat laat ineenstort en tot blote toeskouer verlaag nie. Die party veroordeel die Tesourie se besluit om 69 munisipaliteite se befondsing van altesaam 13,5-miljard-rand weens nienakoming tydelik te weerhou. Die EFF sê om die fiskale krisis op te los, stel hy voor die billike-aandeelformule word aangepas van die huidige nege- tot 15-persent van die inkomste wat nasionaal verkry word. Hy sê konstruktiewe stappe is nodig om plaaslike regerings se finansies te stabiliseer.