Skip to content

EFF nie verbaas dat Brittanje Malema se visumaansoek afkeur nie

# Die EFF sê hulle is nie verbaas deur die bevestiging van Brittanje dat die visumaansoek van leier Julius Malema om politieke redes geweier is nie. Dit volg op ‘n voorval verlede maand, toe Malema verbied is om na Engeland te reis vir ‘n konferensie by die Universiteit van Cambridge. Die Britse departement van Binnelandse Sake sê die visumweiering is te wyte aan Malema se ekstremisme, wat sy steun vir Hamas insluit. Die EFF sê Brittanje het homself geopenbaar as ‘n onverdraagsame boelie wat poog om sy oortuigings op die wêreld af te dwing.