# Die leier van die EFF, Julius Malema sê die parlement se ad hoc-komitee wat die polisiekaping ondersoek, mag geen parlementslede van die ondersoek verwyder nie. Malema het reageer op oproepe dat die DA-LP Dianne Kohler Barnard verwyder word oor bewerings dat sy geklassifiseerde inligting verkeerd hanteer het. Hy beklemtoon dat die komitee parlementêre reëls moet volg, ten spyte van die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi by die Madlanga-kommissie, dat Kohler Barnard sensitiewe misdaadintelligensiedata verkeerd hanteer het:
EFF-leier verdedig Dianne Kohler Barnard van DA te midde van oproepe vir haar verwydering [KLANK]
ENG MalemaOnRecuse