# Die EFF is bekommerd oor die agteruitgang in die Stad Ekurhuleni se oudituitkomste in die 2024/2025-boekjaar. ‘n Verslag van die Ouditeur-Generaal Tsakani Maluleke toon die metro het ‘n gekwalifiseerde ouditmening met wesenlike bevindings ontvang. Maluleke het bevind geen redelike stappe is gedoen om onreëlmatige uitgawes van byna 43-miljoen-rand te voorkom nie, wat teenstrydig is met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Die EFF veroordeel die metro se verslegtende bestuur en finansiële bestuur onder die huidige leierskap.
EFF kritiseer Ekurhuleni se leierskap ná jongste ouditverslag