Skip to content

EFF Gauteng vra burgemeester Morero om ’n geloofwaardige finansiële herstelplan voor te lê

# Die EFF in Gauteng sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se brief aan Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, ontbloot ʼn metro wat sonder dringende ingryping ernstige finansiële probleme en moontlike ineenstorting kan verwag. Die minister dreig om die metro se toelaag-befondsing te weerhou indien hy nie sy finansies regruk nie. Die EFF sê Johannesburg het ʼn onbefondsde Aanpassingsbegroting vir 2025/2026 goedgekeur ten spyte van waarskuwings oor mislukte inkomste-invordering, oorbesteding en kontantvloei-risiko’s. Die party sê ʼn geloofwaardige finansiële herstel- en bestendigingsplan moet onmiddellik aan die raad voorgelê word.