# Die EFF eis volle deursigtigheid, aanspreeklikheid en ‘n onmiddellike verduideliking oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat saam met die polisie ontplooi is na die #JusticeForCwecwe-betogings in Matatiele in die Oos-Kaap. Die party sê hierdie daad van staatsgesteunde intimidasie is ‘n oorlogsverklaring teen jongmense en stemloses deur ‘n regering wat soldate stuur om kinders se hulpkrete te onderdruk. Die EFF sê president Cyril Ramaphosa het nie regstreeks aandag geskenk aan die verkragting van die meisie nie, al het dit ‘n nasionale kwessie geword.
EFF eis onmiddellike verduideliking oor Weermag-ontplooiing na #JusticeForCwecwe-betogings