# Die EFF beskuldig die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau van korrupte optrede in die toekenning van die lisensie aan Sizekhaya Holdings om die Nasionale Lotery en Sport-wedpoel te bedryf. Altesaam agt maatskappye het gebie om die multi-miljard-rand lisensie oor te neem. Die Goldrush-groep, ‘n filiaal van Goldrush Holdings wat op die JSE genoteer is, is ‘n 50-persent aandeelhouer in Sizekhaya. Die EFF se woordvoerder, Sinawo Thambo, sê die aanstelling is gedoen ondanks duidelike waarskuwings van ‘n belange-konflik, politieke blootstelling en agteraf-onderhandelings:
EFF beskulding minister Tau van korrupte optrede vir toekenning van nasionale loterylisensie aan Sizekhaya Holdings [KLANK]
ENG ThamboOnMinisterTau