Skip to content

EFF bekommerd oor toenemende tendens van lenings in buitelandse geldeenhede

# Die EFF is bekommerd oor die toenemende tendens van lenings in buitelandse geldeenhede, veral wanneer daar voldoende likiditeit in die plaaslike finansiële mark is. Dit volg na die regering ‘n leningsooreenkoms van 27-miljard-rand met die Wêreldbank gesluit het om besteding op infrastruktuur ‘n hupstoot te gee en strukturele hervormings te steun. Die EFF sê Suid-Afrika se skulddelgingskoste het tot meer as 426-miljard-rand per jaar gestyg, maar die Nasionale Tesourie het misluk om te verseker die skuld lei na werkskepping of openbare infrastruktuurvoordele. Hy sê die lenings blyk polities gemotiveerd te wees.