# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê die eerste groep soldate, wat na die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, sal môre na die land terugkeer. Hulle was deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in die DRK. Hul terugkeer volg op die repatriasie van die oorskot van 14 soldate vroeër die jaar, wat tydens botsings met M23-rebelle dood is. Prins Tshabalala van die SANW sê die troepe sal by die Bloemspruit-lugmagbasis in Bloemfontein aankom:
Eerste groep SANW-soldate in die DRK keer môre na die land terug [KLANK]
ENG TshabalalaOnReturnOfTroops