# ‘n Man wat aangekla word van poging tot moord op die MK-party se distriksekretaris in Ilembe, Zanele Mbhamali en haar man, het vandag in die Distrikshof in Ndwedwe, KwaZulu-Natal verskyn. Die saak is tot 3 Augustus uitgestel om die beskuldigde toe te laat om regsverteenwoordiging te bekom. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ondersoeke het ook aan die lig gebring ‘n tweede verdagte wat met die saak verbind word, is op 29 Junie deur onbekende aanvallers in sy huis doodgeskiet:
Een verdagte in hegtenis geneem, een dood in skietvoorval op MK-partylid in KZN [KLANK]
ENG MatheOnSuspect