Skip to content

Durban se slimstadprojek in eThekwini Munisipaliteit van stapel gestuur

# Die eerste fase van die Westown-slimstad in Shongweni, naby Durban, is vandag van stapel gestuur, met befondsing deur die privaat sektor ter waarde van 15-miljard-rand oor die volgende 15 jaar. Die eThekwini Munisipaliteit ondersteun die ontwikkeling wat ten doel het om meer as 23-duisend werksgeleenthede te skep in sektore soos ondermeer die kleinhandel, behuising en gesondheidsorg. Amptenare sê die slimstad sal tegnologie gebruik vir instandhouding, sekerheid en doeltreffendheid. Infrastruktuuropgraderings sluit nuwe brûe en paduitbreidings in om die projek se langtermynvisie te ondersteun.