Skip to content

Dunnottar-ma kry opgeskorte vonnis nadat sy haar kinders vergiftig [KLANK]

# ’n Ma van Dunnottar in Nigel is tot agt jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar, nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar skuldig bevind het aan die moord op haar 16-jarige seun en ’n poging tot moord op haar sewejarige dogter. In Junie 2022 het die vrou rottegif in haar kinders se kos gesit , nadat sy finansiële en gesondheidsprobleme ondervind het. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die hof het tydens vonnisoplegging haar berou, geestesgesondheid en die manier wat sy haar oorlewende kind versorg, in ag geneem:

ENG MahanjanaOnMother