# Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, vra ‘n nuwe vryhandelsooreenkoms tussen die Europese Unie met sy 27 lidlande en die Trans-Stille Oseaan-vennootskap, wat 12 lande op vyf vastelande insluit. Die vennootskap sluit onder meer Australië, Kanada, Japan, Mexiko en Britanje in, maar Amerika en China is nie deel daarvan nie. Merz, wat ook met Singapoer se eerste minister, Lawrence Wong, vergader het, sê Europese en Asiatiese nasies moet self hul plek vind in ‘n veranderende wêreldorde. Wong sê belegging in Europa sal voortgaan.
Duitse kanselier Merz vra nuwe vryhandelsooreenkoms tussen Europese, Asiatiese nasies