# Tienduisende mense in die oos-sentrale dele van die Filippyne is beveel om na veiliger gebiede te ontruim weens ‘n naderende tifoon, met vissers wat belet is om op see te gaan. Beamptes waarsku teen stortreën en moontlike dodelike getye van tot drie meter. Tifoon Kalmaegi is vroeër ongeveer 235 kilometer oos van Guiuan waargeneem met wind van tot 120 kilometer per uur en salna verwagting die kus later vandag tref. Die tifoon sal na verwagting oornag weswaarts beweeg en die sentrale eilandprovinsies tref.
Duisende Filippyne beveel om na veiliger gebiede te ontruim weens naderende tifoon