Skip to content

Duduzile Zuma-Sambudla se saak uitgestel tot 14 Augustus vir voorverhoor [KLANK]

# Die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof in Durban het die saak teen oudpresident Jacob Zuma se dogter tot 14 Augustus uitgestel vir ‘n voorverhoor. Duduzile Zuma-Sambudla word daarvan beskuldig dat sy geweld aangehits het tydens die onrus van Julie 2021. Sy staan ​​tereg op aanklagte van aanhitsing om terrorisme te pleeg en openbare geweldpleging wat verband hou met die onrus wat gevolg het op haar pa se inhegtenisneming. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mthunzi Mhaga, sê die verhoor sal in November begin:

ENG MhagaOnTrial