Skip to content

Druk neem toe vir verwydering van Wes-Kaapse politikus wat van kinderhandel en verkragting beskuldig word

# Oproepe neem toe vir die verwydering en tugstappe teen ‘n lid van die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer wat beskuldig word van beweerde mensehandel, verkragting en die seksuele uitbuiting van kinders. Die politikus wie se naam weerhou word totdat hy pleit, is in die George-landdroshof op borgtog van 15-duisend-rand vrygelaat. Daar word beweer dat hy ‘n minderjarige vir vyf jaar mishandel het. Die slagoffer se ma is ook in hegtenis geneem. Die politikus keer op 27 Mei terug na die hof.