Skip to content

Drie skuldig bevind aan Joshlin Smith se verdwyning word vandag gevonnis

# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof, wat in Saldanhabaai sit, sal vandag die drie wat skuldig bevind is in Joshlin Smith se ontvoering- en mensehandel-saak vonnis. Joshlin se ma, Kelly, en twee van haar medebeskuldigdes, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn, is in April skuldig bevind aan ontvoering en mensehandel in verband met die meisie se verdwyning. In ‘n slagoffer-impakverklaring het Joslin se ouma, Amanda Daniels, haar dogter daarvan beskuldig dat sy nie verantwoordelikheid geneem het nie. Sy sê sy nie sal rus totdat haar kleindogter gevind is nie.