Skip to content

Drie-en-twintig Suid-Afrikaners uit Mianmar gered en veilig gerepatrieer

# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat 23 Suid-Afrikaners uit Mianmar gered en gerepatrieer is. Hulle is onder valse voorwendsels na Thailand gelok, waar hulle meer as vier maande gevange gehou is, gedwing is om kubermisdaad te pleeg, en mishandel is. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê hulle het die repatriasie gefasiliteer, en finansiële steun aangebied. Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling en die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek lewer mediese ondersteuning, psigo-maatskaplike ondersteuning, en ondersoek ‘n saak van mensehandel.