# Die Stad Tshwane sê drie-duisend erwe sal toegewys en geregistreer word vir inwoners van die Marry Me-informele nedersetting in Soshanguve. Inwoners word ontmoedig om nuwe hutte buite die nedersetting se grense te bou omdat dit die formaliseringsproses sal vertraag. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Aaron Maluleka, sê diegene wat kwalifiseer vir behuising sal in ʼn nuwe gebied, Kopanong, hervestig word waar huise opgerig sal word. Ander inwoners sal erwe kry.
Drie-duisend erwe toegeken aan inwoners van Marry Me-informele nedersetting