Skip to content

Drie dood in vliegtuigongeluk in KZN

# Die Lugvaart-reddingskoördineringsentrum het bevestig dat al drie mense aan boord van ‘n vermiste ligte vliegtuig in KwaZulu-Natal dood is. Studentevlieënier Nqobile Biyela en twee passasiers het vermis geraak nadat hulle Sondag vanaf Virginia-lughawe opgestyg het. Die vliegtuig is laas gesien toe dit in ‘n suidelike rigting in die omgewing van Ladysmith gevlieg het. ‘n Amptelike ondersoek, gelei deur die polisie en die Burgerlugvaartowerheid, is aan die gang. Die Vervoerdepartement van KZN het meegevoel betuig aan die families van die oorledenes.