# DRDGold rapporteer ‘n bestendige begin vir die 2026-boekjaar. Inkomste het effens gestyg met twee-persent tot meer as twee-miljard-rand, aangespoor deur ‘n hoë goudprys en verhoogde goudverkope. Goudproduksie het met twee-persent gegroei ten spyte van die effens verlaagde ertsproduksie. Bedryfskoste was grootliks bestendig, terwyl algehele volhoubare koste met vyf-persent gestyg het as gevolg van hoër arbeidskoste en koste van materiale. Die maatskappy bly skuldvry, met kontantreserwes van een-miljard-rand, en beplan om sterk goudpryse te gebruik om voortgesette projekte te finansier.
DRDGold rapporteer bestendige prestasie in goudproduksie en -inkomste