Skip to content

Dodetal weens Orkaan Melissa styg tot 49 en talle word steeds vermis

# Die dodetal weens Orkaan Melissa het tot minstens 49 toegeneem en sal na verwagting verder styg namate soek- en reddingsoperasies in die noordelike Karibiese Eilande voortduur. Owerhede in Haïti het minstens 30 sterftes aangeteken en 20 mense word vermis. Melissa het Jamaika Dinsdag as ‘n kategorie 5-orkaan getref. Die hoofstad, Kingston, is nie geraak nie, maar die weste van die land wel. Reuters het 19 sterftes aangemeld. Die storm reg oor die streek gaan gepaard met vernietigende wind, reën en oorstromings, hoewel die sterkte geleidelik begin afneem.