# Die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit in Noordwes het ‘n Verspreidingsagentskapooreenkoms met Eskom onderteken om te help met sy skuld van 1,7-miljard-rand. Ingevolge die ooreenkoms sal Eskom nou eerste aanspraak hê op inkomste uit elektrisiteitsverkope deur ‘n skuldterugbetalingsplan. Nasionale Kabinetsverteenwoordiger, Kopung Ralikontsane, sê die munisipaliteit sukkel om sy skuld te delg en het baie op billike deelbefondsing staatgemaak. Sekere inwoners en ondernemings het die stap versigtig verwelkom, met die hoop dat elektrisiteitsvoorsiening en finansiële bestendigheid sal verbeter.
Ditsobotla teken ooreenkoms om Eskom-skuld van R1,7-miljard aan te pak